NAVO byeen oor Navalny vergiftiging

Europese leiers van Navo lande het byeen gekom en eis dat “streng maatreëls” teen Rusland ingestel word nadat Moskou nie bevredigende antwoorde verstrek oor die vergiftiging van die land se opposisieleier nie.

Moskou het in reaksie op Westerse navrae oor die vergiftiging van Navalny gesê hy het geen getuienis ontvang wat die beweerde beskuldiging kan bewys nie.

Die spesiale vergadering van Navo leiers in Europa wat die afgelope naweek gehou is, word gesien as ʼn aanduiding van hoe ernstig die voorval is en dat besluite oor  Rusland geneem moes word.

Navalny word beskou as ʼn sterk teenstander van president Poetin, en die mening bestaan dat hy uit die weg geruim moes word om die moontlike swakker steun vir die president in die komende verkiesing te kamoefleer.

Die hoof van Navo, Jens Stoltenberg het bevestig dat alle Navo met alle lidlande sal konsulteer oor watter optrede teen Rusland gevolg sal word.