Navalny wil later terug na Rusland

Die Russiese opposisieleier, Alexei Navalny, het in ʼn eksklusiewe onderhoud met die Duitse media gesê hy wil terugkeer na sy Vaderland, maar dit sal eers oor sowat ʼn maand kan gebeur.

Die Duitse organisasie wat Navalny na Berlyn geneem het vanaf ʼn hospitaal in Siberië, het aangebied om hom veilig te besorg by sy woonplek in Moskou.

Geneeskundiges het gesê dit sal minstens nog ʼn maand neem voordat hy fiks genoeg sal wees om Berlyn te verlaat, maar het nie aangedui of hy nog onder sorg van geneeshere is nie.

“Hy is nog nie 100% soos wat hy was voor die vergiftiging nie, maar sal oor sowat ʼn maand weer sy pligte as politieke leier kan hervat.

Alhoewel Rusland ontken dat Navalny vergiftig is, en tog sy bankrekening gevries het, het ʼn regeringswoordvoerder gesê hy word verwelkom terug in Rusland.

Bewyse is in die waterbottel gevind wat nog in sy hotelkamer was dat die senuwee gifstof wel in die drinkwater is, en vingermerke is op die bottel se buitekant gevind.