Navalny vergiftiging wek internasionale spanning

Die Russiese opposisieparty se leier wat vermoedelik in Rusland vergiftig is met ʼn senuwee gifstof, is besig om ʼn internasionale stryd te ontketen.

Rusland beskuldig Duitsland daarvan dat sy teorie van Navalny se vergiftiging ʼn manier is om te flous, en hulle eis alle besonderhede wat kan aandui dat vergiftiging plaasgevind het.

Die Verenigde Volke het egter die Russiese regering versoek om sy besonderhede oor die ondersoek wat gedoen is oor moontlike vergiftiging, beskikbaar te stel.

Duitsland het egter gesê die finale resultate oor vergiftiging sal later gefinaliseer word en weier om nou reeds enige besonderhede vry te stel.

Ingeligte bronne reken die eise vir bewyse het reeds tot spanning gelei, en veral Duitsland en Rusland is ontevrede met mekaar se uitlatings oor Navalny se siektetoestand.

Die dokters het Maandag die pasiënt uit sy koma bevry, maar hou hom steeds onder sorg in die Berlynse hospitaal waar hy behandel word.