Navalny praat met media

Die Russiese opposisieleier, Alexei Navalny, het in ʼn onderhoud begin deur te sê dit is sy eerste dag sedert die vergiftiging in Rusland, dat hy weer self kan asemhaal soos ander mense.

Navalny het erken dat daar nog ʼn lang pad voor is na herstel, wel wetende dat die moontlikheid bestaan dat sekere senuwees permanente skade opgedoen het.

Daar was groot vreugde toe geneeshere in die Berlynse hospitaal die asemhalings apparaat kon verwyder en hy self kon begin asemhaal.

Sy tweede vreugde was toe die media foto’s kon neem waar sy gade en twee kinders by hom was waar hy regop sit in die hospitaal bed.

Dit gaan nog lank neem voordat Alexei in staat sal wees om self te stap, self sy klere aan te trek en weer soos ander sy maaltyd kan nuttig, maar die uitstekende sorg wat verpleeg personeel en dokters bied, gee gemoedsrus aan die familie wat hoor as hy sê hy keer terug na Rusland wanneer sy gesondheid dit toelaat.