Navalny herstel uit koma

Alexei navalny, die Russiese opposisieparty se leier, is uit die koma en besig om te herstel van die vergiftiging wat hy in Rusland opgedoen het.

Naval;ny is deur Duitsland per vliegtuig na Berlyn gebring waar hy in Europa se beste hospitaal behandeling ontvang teen die vergiftiging.

Kommer bestaan egter oor die moontlike nagevolge van die vergiftiging, en dokters en wetenskaplikes is in onsekerheid oor wat die langtermyn newe effekte  kan wees van die senuwee gifstof.

Die pasiënt is vir etlike weke in n koma gehou om die liggaam se herstel proses sterker te maak, maar dokters meen dit kan nog ʼn geruime tyd duur voordat hy ontslaan word.