Nasionalisering van Reserwebank kom

Die ANC regering het reeds in 2017 besluit om die Suid-Afrikaanse Reserwebank te nasionaliseer en dit daarmee ʼn entiteit van die staat te maak.

Kenners het destyds beweer dat die nasionalisering as beleid gekom het om die Malema beleid te kaap wat reeds vroeg in sy party se bestaan gehamer het op nasionalisering.

Verskeie meningsvormers reken die nasionalisering kan nie dadelik plaasvind terwyl die regering se finansiële posisie so swak is nie.

Die erge resessie, asook die afgradering van die ekonomiese stand na rommel status en die invloed van die pandemie het elk ʼn rol gehad om te voorkom dat nasionalisering nie reeds toegepas is nie.

Die regering moet voorsiening maak om die private aandeelhouers in die Reserwebank uit te koop, maar die fondse daarvoor ontbreek, veral in die lig van die reuse skuldlas waarmee Suid-Afrika opgesaal sit.

Aandeelhouers sal daarop aanspraak maak dat die uitbetalings aan hulle gebaseer word op die totale bate wat ook die R56 miljard se goud voorraad insluit, wat die regering beslis nie kan bekostig nie.