Mosie van Wantroue kom vir Cyril

Die moontlikheid word al groter dat die ANC president, Cyril Ramaphosa, later ʼn mosie van wantroue kan kry in die parlement vanweë die menige foute wat hy begaan het in die oë van sy teenstanders.

Een van die opponente is die “African Transformation Movement” wat ʼn brief geskryf het aan die speaker van die parlement waarin versoek word dat die president verantwoordelik gehou moet word vir “sy mislukkings teenoor Suid-Afrikaners”.

Die party wat slegs twee setels in die parlement verteenwoordig het ondermeer die volgende mislukkings uitgewys in die brief:

Die steeds vermeerdering in uitgawes van staatsentiteite.

Sy leuens rakende die beurtkrag situasie

Die hopelose ekonomiese groei van SA, die styging in geslagsmisdaad en die swak beheer oor grens met buurlande.

 Die party meen ook die hantering van die grendel maatreëls tydens die pandemie is opsigself voldoende rede om ʼn mosie van wantroue in te stel.