Mosambiek betreur naakte vrou teregstelling

Die regering in Mosambiek het die teregstelling van ʼn naakte vrou veroordeel wat klaarblyklik ʼn verbintenis gehad het met die Islamitiese Staat terroriste in die land.

Die video wat op die sosiale netwerk versprei word, vertoon glo mense in weermag unievorms wat die teregstelling doen, maar die regering sê geen Mosambiek soldaat is daarby betrokke nie.

Die land se Weermag het ook sy afkeur uitgespreek oor die brutale wyse waarop gehandel is deur onbekende mans wat op die video vertoon word.

Die video wat wyd op die sosiale netwerk versprei is, wys ondermeer hoe die vrou gejaag word en geslaan is en van haar klere gestroop is.

Sy is met stokke geslaan en is in Portugees verskreeu en geskel deur die gewapende mans wat haar as terroris bestempel het.

Kort daarna is sy koelbloedig doodgeskiet.