Mokonyane laat wenkbroue lig

Die Minister van Omgewingsake, Mokonyane, se kleitrappery tydens die Zondo Kommissie se ondervraging het die wekbroue van menige mense laat lig.

Getuies beweer dat sy in haar weergawe oor die partytjie vit haar 40 ste verjaarsdag so deurmekaar geraak het dat enige Graad 4 leerling sou kon aanvoel dat die waarheid verlore gegaan het.

Nee, daar was nie n verjaarsdag party nie. Later: My man het daar voor betaal. Later: Ek kan nie onthou dat daar ʼn partytjie was nie…. en so gaan dit voort.

Maar die reuse bedrag wat die partytjie gekos het, is nie deur Bosasa geskenk nie al sê verskillende getuies dat dit wel die geval is.

Die voormalige baas van Bosasa reken hulle het die paar miljoen betaal, maar daarvan kan sy niks onthou nie, al het ʼn volgende getuie dieselfde gesê oor die partytjie.

Inligting wat aan die Die Vryburger beskikbaar gestel is, maar onbevestig is, beweer dat die minister ook met gereelde tussenposes ʼn aansienlike bedrag as skenking uit die beurs van Bosasa ontvang het.