Minister Nosiviwe Mapisa-Nqakula word lig gestraf

Die onverantwoordelike optrede van die Minister van Militêre Veterane, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, word van drie maande se salaris beroof oor haar betrokkenheid by die onwettige vliegtuig rit na Zimbabwe in ʼn militêre vliegtuig van die Lugmag.

Die ANC president het klaarblyklik besluit om haar te laat help betaal vir die uitgawes van die rit deur haar salaris vir drie maande terug te hou.

Waarnemers reken die optrede van Ramaphosa is ʼn teken dat hy sekerheid het dat die meerderheid in die ANC leierskorps hom steun en nie deel is van die Zuma-faksie nie.

Die ANC word ook aangeslaan met die totale koste van die reis na en van Zimbabwe, en onsekerheid bestaan nog of die ANC die koste, wat etlike miljoene Rand beloop, van die afgevaardigdes gaan verhaal.

Opposisiepartye is egter nie tevrede nie en eis dat die minister summier afgedank word weens haar aandeel in die onwettige vliegtuig rit.