Meer wetenskaplikes bevestig vergiftiging

ʼn Woordvoerder in Duitsland sê al meer wetenskaplikes stem saam met die bevindinge van die navorsers en geneeskundiges wat vasgestel het dat Alexei Navalny wel vergiftig is.

Laboratoriums in Swede en Frankryk het elkeen onafhanklik bevestig dat Navalny vergiftig is, en dat n senuweemiddel gebruik is.

Beide laboratoriums is dit ook eens dat ʼn tipiese Russiese styl gifstof gebruik is soos wat in vorige gevalle ondervind is.

Steffen Seibert, die Duitse regering se woordvoerder, sê monsters van die pasiënt wat steeds in Berlyn in die hospitaal is waar intensiewe behandeling toegepas word, is aan die Organisasie vir Voorkoming van Chemiese Wapens gestuur vir toetse in hulle laboratoriums.

Altesaam drie verskillende land se laboratoriums het reeds bevestig dat Navalny vergiftig is, en dit is gedoen met ʼn gifstof wat voorheen deur die Russe gebruik is.