Meer werksgeleenthede met Pretoria voertuig plan

Die Pretoria Metro se nuwe voertuig ontwikkelings plan waarmee verlede week begin is, gaan glo nie 9,000 nuwe werksgeleenthede skep nie, maar sowat 18,000.

Die nuwe ontwikkeling wat afgeskop het, se grootste investeerder is Ford Suid-Afrika wat ongeveer R17 miljard sal aanwend, terwyl die regering R3,4 miljard sal bestee.

Die provinsie se premier, David Makhura sê die “Tshwane Voertuig Ekonomiese Sone se projek gaan die groot aantal werksgeleenthede skep en sal ʼn reuse finansiële inspuiting vir die streek beteken.

Die Ekonomiese Sone is glo ingestel op voertuig vervaardiging en verwante onderdele nadat ʼn multi-miljard Rand belegging as inspuiting gekom het.

Dit is nie bekend wie die ander beleggers is wat in die projek betrokke is nie, maar die teenwoordigheid van Ford SA is ʼn pluspunt vir die vestiging van die Ekonomiese Sone”, het finansiële deskundiges aan Die Vryburger gesê.