Medupi moes weer herstel word

Eskom se nuwe kragstasie Medupi, wat gereeld onklaar raak weens swak vakmanskap, is uiteindelik weer sodanig herstel dat dit vol kapasiteit behoort te lewer, altans vir nou.

Dit is die opmerking van ʼn Eskom werker wat bewus is van die tekortkominge by die kragsentrale wat dikwels onklaar raak en veroorsaak dat beurtkrag die land tref.

Hierdie keer was daar ʼn probleem met een van Medupi se vervoerbande wat herstel moes word, en kenners reken dit is uiters vreemd dat ʼn nuwe kragsentrale nou al probleme ondervind met dy vervoerband.

Eskom het daarna aangekondig dat sy kapasiteit aansienlik verbeter het met die herstel van Medupi se vervoerband wat steenkool invoer na die opwekkings eenheid.

Eskom het gese die risiko van verdere beurtkrag het aansienlik verminder, maar Suid-Afrika is gereed om die onvoorspelbaarheid van Eskom die hoof te bied, en verwag beurtkrag te enige tyd.