Massiewe Wanbetaling van munisipale rekeninge

Die wanbetaling van munisipale rekeninge deur die publiek, is besig om die Suid-Afrikaanse ekonomie verder die afgrond in te forseer.

Dit is die mening van ʼn ekonomiese deskundige op die gebied van landsbestuur, en hy voeg daarby dat die wanbetalers nie vervolg word soos wat verwag kan word nie.

Minister Dlamini-Zuma sê die Ouditeur-Generaal se verslag toon dat 43% van munisipaliteite het ʼn ongekwalifiseerde oudit-verslag gekry, en net 11% het geen negatiewe opmerkings ontvang nie.

Die minister het ook bekend gemaak dat krag verbruikers die munisipaliteite R120 miljard verskuldig is wat die strukture laat sukkel om staande te bly.

Kenners wys egter daarop dat munisipaliteite self verantwoordelik is vir hulle uitstaande rekeninge, en behoort gereeld op te tree teen wanbetalers deur regsgedinge en deur die krag af te sny na die eerste maand nie betaal is nie.