Maori stam eis nuwe naam

Die Maori’s van Nieu Seeland het met ʼn voorstel gekom dat die land se naam moet verander na wat dit behoort te wees volgens die oudste volk wat die eiland bewoon.

Die land se naam behoort Aotearoa te wees, maar die Eerste Minister, Jacinda Ardern, het slegs ontwykend daarop gereageer.

Die voorstel is ingedien deur die Nieu Seeland Maori Party wat sê die land behoort ʼn naamsverandering te ondergaan wat die historiese geskiedenis en kultuur versinnebeeld.

Die nuwe naam beteken “die land van die wit wolk” wat uit die taal van die Maori stam vertaal sou word, en met die bepaling dat Engels sowel as Maori tale in die land erken word, kan die aangeleentheid uitloop op ʼn stemming wat deur die blanke meerderheid inwoners en kiesers oorheers sal word.

Die Maori bevolking het reeds verskeie kere gekla dat die Engelse taal te dominerend geword het, en dat die inheemse taal voorrang behoort te geniet.

Maar die grootste argument is juis deur die Maori Party geopper toe hulle gekla het dat slegs 3% van die bevolking die inheemse taal gebruik.