Mandela skool deurspek met bedrog

Die Nelson Mandela skool in die Oos-Kaap is gevestig met die doel om Mandela se droom te bewaarheid dat die skool opleiding sal gee in die wetenskappe en hedendaagse tegnologie aan die leerlinge.

Die Mandela droom het nou reuse krake nadat ʼn forensiese verslag  toon dat kriminele aktiwiteite bedryf word, en is bevind dat skokkende getuienisse gelewer is van hoe eise verkeerdelik hanteer en gemanipuleer is in die skool waar Mandela se droom bewaarheid moes word.

Diefstal en wanbestuur van fondse by die skool is klaarblyklik die algemene gang en is die Mandela Skool vir Wetenskap en Tegnologie volgens die forensiese verslag ʼn vingerwysing na die skoolhoof en bestuurspan.

Die tekorte in die skool se fondse, wat ontvang is van n goedgesinde Duitse maatskappy in die elektroniese bedryf, Siemens, is nogeens ʼn kommerwekkende gebeurtenis in die tendens wat so algemeen in die nuwe Suid-Afrika ondervind word.

Open Water Advanced Risk Solutions, wat die forensiese ondersoek gedoen het, wys daarop hoe fondse wanaangewend en gemanipuleer is.

Blykbaar is R640,000 wanaangewend, en wat bedoel was om opleiding, administrasie en vir skryfbehoeftes beskikbaar te stel, het iewers in sakke beland, word beweer.

Die Mandela Skool, wat as ʼn model voorgehou word, en ingerig is met die astronomiese bedrag van sowat R100 miljoen, waarvan Siemens ʼn reuse bydrae gemaak het, het volgens waarnemers nou die spreekwoordelike model van korrupsie in SA geword.