Man uit see gered na dae in water

Die Japanese kuswag sê hy het die afgelope naweek ʼn man uit die see gered wat vermoedelik deel van die bemanning is op n skip wat beeste na Sjina vervoer het.

Die diere vragskip het vanaf Nieu Seeland met sy vrag beeste na Sjina gevaar toe dit binne in ʼn storm beland het naby die Oos Sjinese See.

Die kuswag woordvoerder sê die man was reeds bewusteloos toe hy gevind is en uit die water gehaal is. Hy is sowat 120 km weg van ʼn eiland en reeds in so ʼn toestand dat die kuswag bemanning verbaas was om hom nog lewend te vind.

Die onbekende man is inderhaas na n hospitaal geneem, maar sy toestand is nie bekend nie, alhoewel hy skynbaar gestabiliseer is.

Die kuswag het ook ʼn reddingsbaadjie en n bees karkas is ook gevind naby die punt waar die man uit die water opgepik is, maar dit is onduidelik wanneer die man en die bees in die see beland het.

ʼn Vliegtuig en twee skepe het gepoog om die diere vragskip op te spoor, maar kon dit nêrens vind nie, en het na ʼn dag se soeke teruggekeer na hulle basisse.