Libanon premier bedank voor hy begin

Mustapha Adib  is vroeer die maand slegs genoem as die volgende Eerste Minister van Libanon, maar voordat hy ingehuldig of werklik verkies is, het hy sy bedanking aangekondig.

Sy besluit kom nadat hy die dooipunt gesien het in ndie vorming van ʼn nuwe kabinet wat tweespalt en onmin voorspel.

Die dooipunt oor wie in watter kabinet pos moet dien was die laaste strooi en het hy sy bedanking aangekondig.

Die feit dat hy as moontlike Eerste Minister sou dien is verlede maand genoem maar dit wil lyk of die kabinet se samestelling vir die voormalige ambassadeur na Duitsland, nie kans gesien het vir die onmin en tou trekkery nie.

Een van die potensiële kabinetslede het later gesê die voorstel van die Franse president, Emmanuel Macron, is die beste van al die moontlikhede, en diegene wat dit teengestaan het gaan nog hulle vingers afbyt oor sy voorstel nie aangeneem is nie.