Laaste paar walvisse gered

Reddingswerkers van Australië het die afgelope paar dae probeer om die laaste paar oorblywende walvisse te red wat nog gelewe het.

Van die walvisse het nog ʼn oorlewings moontlikheid omdat hulle in vlak water was maar op die sandbank vasgeval het.

Die beperkte mannekrag en toerusting, en die min tyd tot die werkers se beskikking om hulle almal betyds in die see te kry, het baie ure se baie harde werk geverg, en het die laaste paar se redding ook nie altyd sukses gehad nie.

Sowat 20 diere wat nog asem gehaal het maar op die sandbank vas gevang is, het die span werkers alles moontlik gedoen om hulle betyds in die seewater te kry.

Die span kon wel daarin slaag om 104 van die 470 terug te kry in die see, maar die res kon nie gered word nie, en is opgeteken as die wêreld se grootste tragedie van walvisse wat weens die groot getal, nie gered kon word nie.