Koerierdienste die skelms se teiken

Die kriminele elemente van die land het nou ʼn nuwe teiken gekry wat hulle uitstekend pas en wat daagliks hulle “inkomste” kan verhoog.

Sakeondernemings, en veral mense wat hulle aankope deesdae verkieslik aanlyn doen weens die pandemie, maak dus gebruik van koerierdienste om bestellings by hul bestemmings af te laai.

Dit het die kriminele element gebring by die punt om koerierdienste as teiken te kaap en te beroof.

In sekere gevalle word die koerierdiens se voertuig gekaap om binne enkele ure daarna ʼn nuwe verflaag te kry wat die voertuig met sy |ander “nommerplate” onherkenbaar maak.

Daar is ook diegene wat winkels goed dophou en sien hoeveel voorraad uit die winkel gelaai word in die koerierdiens voertuig, en met selfone word medepligtiges gewaarsku om op die uitkyk te wees vir wanneer die voertuig na sy bestemming beweeg.

In baie gevalle word die voertuig met voorraad en al gekaap, en in ander gevalle word veral kosbare goedere geneem nadat die voeruig tot stilstand gedwing is.

N Derde manier van diewery is om op n gegewe punt aan te kom onder die vaandel van ʼn koerierdiens, en dan toeslaan op die niksvermoedende mense wat in afwagting is vir die aflewering deur die koerierdiens.

Kenners raai aan dat ontvangers van aflewerings vooraf by die verskaffer moet seker maak wie die aflewerings diens is en die naam van die koerierdiens asook die naam van die voertuig bestuurder en sy voertuig registrasie nommer, maar kry ook sekerheid oor die datum en tyd wat die koerierdiens sal opdaag met die goedere.