Jacob Zuma vermy Zondo ondersoek

Die een na die ander nuwe verskoning word geopper deur jacob Zuma oor waarom hy nie kan verskyn voor die Zondo Kommissie se ondersoeke na Staats kaping nie.

Die voormalige president is glo te besig om nou weer voor die Kommissie te verskyn, aangesien hy hard besig is om voorbereiding te doen vir die komende hofsaak oor sy betrokkenheid by die

Die datums is reeds bepaal vir wanneer Zuma voor die Kommissie moet verskyn oor Staats kaping, en hy is verwittig dat dit van 21 tot 25 September sal wees.

Hy sal reeds op 8 September in die hof verskyn in Pietermaritzburg oor die wapen transaksie en die korrupsie skandaal daarvan.

Dit beteken dat Zuma nie botsende sake het nie en dat daar in wese geen rede is waarom hy nie tyd het om voor die Zondo Kommissie te verskyn nie, tensy hy skuldig bevind word en n swaar straf opgelê word in die Hooggeregshof van Pietermaritzburg.