Iran se dreigement betwis

Lana Marks

Die Amerikaanse regering se bewering dat Irak beplan om die VSA se ambassadeur in Suid-Afrika, Lana Marks,  te vermoor, is deur die beskuldigdes verwerp.

Iran het in reaksie op die Amerikaanse bewering gesê die land sal nie tot so n lae vlak daal soos waaraan Amerika skuldig is toe hulle die militêre hoof gedood het met ʼn hommeltuig aanval op die konvooi van Iran se militariste nie.

Die Suid-Afrikaanse regering het in sy reaksie gesê dat Lana Marks veilig is en hoef geen aanval te vrees nie, en ʼn kritikus van die Amerikaanse president het die mening uitgespreek dat so ʼn aanval uiters onwaarskynlik is dat Iran die VSA se ambassadeur in Suid-Afrika sal vermoor.

Politieke ontleders waarsku egter dat die moontlikheid wel bestaan het dat Iran so ʼn daad kon pleeg, maar daarvan afgesien het toe die VSA die moontlikheid aan die lig gebring het.