Iran ignoreer kernverdrag met VN

Die Verenigde Nasies se waghond oor kernwapen ontwikkeling het die naweek bekend gemaak dat Iran voortgaan om die limiete te ignoreer waarop ooreengekom is in 2015.

Volgens berigte is bevind dat Tehran reeds meer as tien keer die toegelate hoeveelheid verrykte uraan geproduseer as wat in die ooreenkoms van vyf jaar gelede besluit is.

Die limiet is volgens die ooreenkoms op 300 kilogram verrykte uraan gestel, maar nou lyk die dat Iran reeds meer as 3 ton geproduseer het,

Die regering van Iran het laat deurskemer dat enige ondersoeke en amptelike besoeke by sy kern aanleg toegelaat sal word, en sê die ondersoeke moet egter deur die Verenigde Nasies se gesante gesoen word.

Iran het ʼn aggressiewe houding ingeneem nadat die Amerikaanse regering besluit het om te onttrek uit die ooreenkoms met Iran wat deur die Obama regering aangegaan is.

Die Iranse regering is glo van mening dat die VSA die ooreenkoms wat aangegaan is, verbreek het, en derhalwe voel hy nie meer gebonde aan enige ooreenkoms in die verband nie, en produseer soveel verrykte uraan as wat hy wil om daarmee die VN te dwing tot herbesinning oor die bestaande ooreenkoms wat nou nutteloos is.