Ikoniese hotel gooi handdoek in

Die welbekende Zimbali Hotel met sy 154 luukse hotelkamers wat die wonderlike see uitsig bied oor die Indiese Oseaan kan nie meer voortgaan nie weens die impak van die koronavirus pandemie.

Die algemene bestuurder het die nuus bekend gemaak en gewys op die dramatiese daling in besoekers terwyl die grendel tyd se maatreels van krag was.

Die verliese wat gedra moes word, was glo net te veel omdat die tydperk van afsluiting as gevolg van die pandemie, net te lank was.

Die geleidelike terugkeer na normale sake het te stadig gekom, en kon die eienaars net nie langer uithou om mense in diens te hou terwyl die besoekers ontbreek nie.

Die onsekerheid van die toerisme bedryf en die finansiele stand van mense wat gewoonlik daar tuisgaan, het nie herstel soos verwag is nie, en kon die hotel nie volhou om goeie diens te bied aan die geringe aantal besoekers van die afgelope week nie.

Na berig word sal dele van die Hotel verkoop word, en sal dit moontlik bydrae om die hoof setel weer geaktiveer te kry.