Groter konflik tussen Armenië en Azerbaidjan

Beide Armenië en Azerbaidjan het verslae aan die media gestuur van toenemende burgerlike en militêre optrede teen mekaar oor die wegbreek gebied van  Nagorno-Karabakh wat beide lande as hulle eiendom beskou.

Beide lande het krygswet afgekondig en begin met die mobiliseer en ontplooi van Weermag troepe.

Die aanvalle op mekaar die afgelope Sondag het gedurende die nag verder toegeneem en Maandag met swaarder geskut op mekaar gevuur.

Azerbaidjan het sy artillerie aanvalle begin verskerp en het met gewapende voertuie en swaar artillerie stelsels op die buurland se troepe losgebrand.

Armenië het ook met swaar artillerie losgetrek op die nabygeleë dorp Tartar en ernstige skade aan geboue aangerig, en daarmee die deur oopgemaak vir ʼn volskaalse oorlog.

Maandagmiddag is gerapporteer dat 31 mense reeds omgekom het in die gevegte waarvan ʼn aantal burgerlikes is, toe die Armeniërs wat as rebelle beskou word met teenaanvalle begin het.