Grendel maatreëls dalk verslap

Onbevestigde berigte dui daarop dat die president, Cyril Ramnaphosa, enige tyd kan aankondig dat die grendel maatreëls na Vlak 1 aangepas gaan word.

Ramaphosa het gesê die Nasionale Koronavirus Bevelsraad is tans besig om verskeie voorstelle oor verdere verligting van die maatreëls te ondersoek.

Een van die voorstelle wat glo ontvang is by die president, is afkomstig van kerkleiers wat vra dat die hou van eredienste slegs tot 50 mense beperk word, opgehef moet word.

Oorweging sal ook gegee word aan die omstandighede waarin sport liggame verkeer, en alle ander maatreëls wat tans geld sal heroorweeg word.

SA se ekonomiese posisie is sodanig dat alle sektore wat n bydrae kan lewer om die herstel te bevorder, nou heroorweging verdien, aldus ekonomiese deskundiges.