Goeie nuus vir boere

Dit is in besonder goeie nuus vir die landbouers in Suid-Afrika se somerreën gebiede dat die Al Nina stelsel nou stewig ingegrawe is wat die belofte van mildelike reën voorspel.

Volgens die Australiese Weerkundiges is die stelsel nou so ingegrawe dat dit die moontlikheid van goeie reën in Suid-Afrika voorspel, veral in die somerreënval gebiede van die binneland.

Die La Nina verskynsel kom normaalweg voor in die Suidelike Halfrond, en hou die belofte in dat goeie reën verwag kan word, wat veral hierdie somer so nodig is vir groot dele van die binneland.

Die weer stelsel wat gunstig is vir Australië, is ook van groot waarde vir Suid-Afrika wat op dieselfde breedtegrade lê en dus ook goeie reën kan verwag.

Dit sal ook belangrike aanvuller van die groot opgaardamme beteken wat as die reënval hoog is, veral in sekere gebiede so nodig is, en die Oos-Kaap wat sukkel om genoeg water vir Port Elisabeth te lewer.