Goeie landbou jaar word voorspel

Die moontlikheid van ʼn uitstekende jaar vir landbouers word voorspel nadat die La Nina weerpatroon deeglik gevestig het en die vooruitsigte rooskleurig geword het dat droogtes gebreek gaan word hierdie somer.

Die aanvanklike voorspelling dat droogtes gebreek kan word met ʼn 50% kans, het nou volgens onafhanklike deskundiges selfs verder verbeter tot 70%, wat beteken die grootste deel van die land sal in meer gunstige omstandighede wees vir die produksie van voedsel.

Verskeie dele van die land, waarvan dele in die Oos-Kaap reeds vir jare gebuk gaan, is steeds in ʼn erge droogte vasgevang, maar die hoop is uitgespreek dat die gebiede moontlik ook uit die wurggreep verlos gaan word.

Weerkundiges meen die Al Nino patroon, wat gunstig is vir goeie reënseisoene, kan soveel as 75% van die normale reëntyd bly om die grootse deel van die somerreënval gebied meer gunstig te maak vir goeie reën neerslae.