Franse president besoek Belarus opposisieleier

Opposisiepartye het die Franse president, Emmanuel Macron, versoek ok ondersteuning te gee aan die stryd teen die bewind van die Belarus president wat nou ingehuldig is vir die sesde termyn.

Die hoof politieke party se amptelike leier, Sviatlana Tsikhanouskaya, vra dat president Macron as bemiddelaar moet optree om die president te oortuig dat hy nou moet uittree.

Die samesprekings het die Franse president laat besef dat dit ʼn ernstige krisis is, en het later gesê dit is tyd dat president Alexander Lukashenko maar moet gaan en plek maak vir iemand anders.

Macron se gesprek met die opposisieleier word deur waarnemers beskou as ʼn verdere ontwikkeling van die spanning wat reeds bestaan tussen Rusland den Europese lande, veral nadat President Poetin militêre hulp aan Belarus belowe het indien dit nodig sou wees.

Frankryk is egter versoek om Rusland te oortuig daarvan om nie hulp aan die omstrede Belarus president te bied nie, en eerder druk op hom te plaas vir spoedige uittrede, maar die moontlikheid word algemeen bevraagteken deur politieke ontleders.

Die protesteerders vra ook dat die klimaat geskep moet word dat die opposisieleiers en die regering in gesprek tee oor die politieke krisis en dat die polisie optrede teen onskuldige mense gestaak word.

President Macron se besoek vorm deel van sy besoek wat gebring is aan die president van Litoue, Gitanas Nauseda die afgelope Maandag.

Beide leiers het saamgestem dat die Europese Unie sanksies teen die Belarus president en sy regering moet instel.