Franse polisie soek twee perde moordenaars

Twee verdagtes wat talle perde gedood het in Frankryk het tot nou toe die polisie ontduik, maar die gereg se lang arm gaan glo nie ophou voor die skuldiges vasgetrek is nie.

Die polisie in Frankryk sê daar is nou meer as 40 offisiere wat saam met n helikopter op die soektog is om die twee verdagtes aan te keer.

Die polisie het opgetree nadat n burgerlike man die twee skurke gewaar het gedurende die afgelope naweek, maar die twee is blykbaar uitgeslape en deurtrapte skelms wat hulle nie maklik gaan laat vastrek nie.

Die polisie woordvoerder sê al die diere wat doodgemaak is, is vermink. Sommige het ʼn oog verloor, ander die punt van n oor en sodoende is elke dier vermink gelaat.

Later het die polisie vasgestel dat die twee voortvlugtende mans meer as 20 perde doodgemaak het, maar wat wel vasgetrek sal word, aldus n polisie woordvoerder.