EU kry weerstand teen immigrasie beleid

Die weerstand teen die Europese Unie se immigrasie beleid is aan die opbou en lande soos Hongarye, Pole, Tsjeggiese Republiek, en van die Balkan lande is sterk gekant teen die immigrasie wat deur die Europese Unie op hulle af gedwing word.

Die Hongaarse Eerste Minister, Viktor Orban, sowel as Pole se Mateusz Morawiecki, en die Tsjeggiese Republiek se Andrej Babis, het die EU se plan oor immigrasie afgeskiet en weier om die “hervorming” en toekomstige geskeduleerde gesprekke daaroor te ondersteun.

ʼn Vergadering met die drie leiers, en die verteenwoordiger van Slowakye het standpunt ingeneem teen die EU lede-state wat gereedmaak om volgende week die immigrasie plan in werking te stel.

Hongarye, Pole en Tsjeggiese Republiek het in ʼn gesamentlike verklaring hulle skeptiese siening gegee en sê die plan sal teengestaan word, en sê die voorstelle wat ter tafel gelê word is onaanvaarbaar.

Die gesamentlike beleid wat deur die EU voorgestel word, is deur Premier Viktor Orban van Hongarye verwerp en daarna het die ander twee lande hulle by hom aangesluit.

Hongarye se voorstel is dat geen persoon die gebied van die Europese Unie mag betree totdat een van die lidstate hulle assiel prosedure gesluit het nie.