Eskom verhoging kan ekonomie knel

Eskom se jongste voorlegging van tarief verhogings in elektrisiteit kan soveel as 15% beloop indien die entiteit tot ʼn ooreenkoms kan kom met Nersa.

Die krag voorsiener stel voor dat die R5,4 miljard bygevoeg word tot die R13 miljard om ʼn totaal van meer as R18 miljard sal wees wat glo net afgewerk kan word as Nersa die jongste aansoek vir tariewe goedkeur om in 2021 in werking gestel te word.

Die aansoek sluit ondermeer ook die rente bedrag in waarvan Nersa moet kennis neem wanneer dit oorweeg moet word, maar kenners reken die aansoek om 15% te verhoog, sal die sukkelende ekonomie verder die afdraande in forseer.