Eskom tree op teen swak bestuur

Eskom het die Kendal kragsentrale se bestuurders vasgevat en sê die vorige tydperk met ʼn “traak my nie” kultuur se dae is getel.

Die houding van personeel sal moet verander of die gevolge daarvan dra, maar die onverskilligheid gaan nie langer verdra word nie.

Dit is die standpunt van Eskom se Raad van Direkteure wat opgetree het teen die bestuurders van die Kendal kragsentrale.

Die hoof van Eskom, Andre de Ruyter, het sterk opgetree en die bestuurspan van Kendal se dienste opgeskort nadat Suid Afrika gebuk moes gaan onder Fase 4 weens die swak diens wat gelewer is.

Die direksie het in ʼn verklaring gesê die optrede van De Ruyter word ten volle ondersteun aangesien die land nie nalatigheid van bestuurders kan bekostig nie.

Die Duvha, Kriel en Tutuka asook Kendal kragstasies moet nou toon dat hulle oor leierskap beskik en die kragstasies effektief bestuur.