Eskom se planne is duister

Alhoewel Eskom sedert Donderdag verligting gebring het aan die gefrustreerde krag verbruikers van die land, word bewerings gemaak dat die staat beheerde entiteit onbekende planne beraam.

Die beurtkrag is verminder na Fase 1 wat menige verbruikers ʼn sug van verligting laat uiter het, maar kommer bestaan oor die bewerings dat Eskom se variasie in die verskillende fases van beurtkrag nie bekend gemaak gaan word nie weens die onderhoud en instandhouding wat maar net nie vinnig genoeg vorder nie.

Woensdag het die krag voorsiener aangekondig dat sy vermoe om krag te lewer drasties verbeter het met die herstelwerk wat by talle kragsentral;es gedoen en afgehandel is.

Die onafhanklike ontleders van Eskom se optrede wys daarop dat die entiteit met sy skuldlas wat nou na aan R500 miljard is, en wie ʼn week gelede met Fase 4 die krag verbruikers verontrief het, nou terug is by Fase 1 en het aangedui dat hy verwag om vandag inligting vry te stel, maar wat nie goeie nuus sal wees nie.

Intussen het Eskom onrus veroorsaak in Alexandra woonbuurt toe die onwettige krag verbindings deur sy amptenare verwyder is, maar polisieke ontleders reken Eskom moes jare gelede reeds daarmee begin het.