Eskom herstelwerk veels te stadig

Die herstelwerk in Eskom se kragsentrales is veels te stadig, en het van sleg tot baie slegter gegaan in die afgelope week.

Die verskuiwing van Fase 2 na Fase 4 is n aanduiding dat iets radikaal verkeerd is in die staat beheerde krag voorsiener.

Onbevestigde berigte lui dat minstens tioen krag opwekkers onklaar geraak het en nou vir diens en herstel ingestuur is.

Met Suid-Afrika se ekonomie wat worstel in die pandemie, en die resessie sowel as die feit dat rommel status wat steeds geld, is kragonderbrekings die allerlaaste wat met nyweraars, produsente en sakelui moet gebeur.

Eskom het ook gewaarsku dat beurtkrag die hele week toegepas kan word as die verbruik nie afneem en huishoudings nie groter bedagsaamheid toon nie.

Miljoene Rand gaan vir die land verlore met elke uur van krag onderbrekings, en dit verklaar waarom menige buitelandse beleggers nie belangstel om na SA te verskuif nie.

Eskom het ook gewaarsku dat die beurtkrag ook die komende naweek toegepas kan word en dat dit selfs in ʼn nog hoër ase as die huidige Fase 4 kan wees.