Eise van Padongelukke beloop miljarde

Die Minister van vervoer, Fikile Mbalula, het skrikwekkende syfers vrygestel oor eise wat nog betaal moet word waarvan sommige eisers reeds langer as 5 jaar wag dat hulle eis afgehandel word.

Hy sê 151,530 van die eise wat ontvang is, is net meer as 45,000 uitbetaal na ʼn hofbeslissing.

Die padongelukke Fonds het nou nog geld nodig om die R17 miljard se onbetaalde eise af te handel, waarvan talle vyf jaar en ouer is.

Mbalula het die inligting vrygestel na opposisiepartye hom in die spervuur gehad het oor die uitbetalings wat nie gedoen word nie.

Die Padongelukke Fonds word gefinansier uit die brandstofheffing wat onlangs verder verhoog is, maar is skynbaar nog steeds nie genoeg om die enorme klomp padongelukke se eisers te betaal nie.

Vroeër het Mbalula gesê dat die Padongelukke Fonds se totale laste het tot R324 miljard gegroei em dat R17 miljard se eise afgehandel is.

In die boekjaar 2019 – 2020 het die Fonds 102,086 nuwe eise gekry, het die minister gesê.