Duitsland waarsku Belarus oor geweld

Die Minister van Buitelandse Sake van Duitsland het Belarus gewaarsku teen die moontlikheid om te misluk met die korrekte optrede teen die opposisie partye se verset optogte.

Hy het ook geëis dat leiers van die opposisieparty onverwyld uit aanhouding vrygelaat word wat deur ongeïdentifiseerde gemaskerde mans uit die optog verwyder is..

Minister Heiko Maas het sonder huiwering die regering van Belarus gekritiseer vir hulle hantering van verset optogte en gesê dit moet op demokratiese wyse hanteer word.

ʼn Opposisieleier, Maksim Znak, sê die ontvoering van me Kolesnikova is onaanvaarbaar, maar die ontvoering was tewagte aangesien sy n sterk politieke leier is wat vroeër verklaar het dat sy bereid is tot dialoog met die president van Belarus, President Alexander Lukashenko, wat met die verkiesing self aangekondig het dat hy as oorwinnaar uit die stryd tree met 80% van die stemme in sy guns.

Verset optogte het daarna begin, en verskeie voorvalle van polisie geweld het voorgekom, en gemaskerde mans het leiersfigure uit die optogte verwyder en in aanhouding geplaas.