Duitsland help Indië teen Covid

Die Duitse Minister van Ontwikkeling sê sy land het Indië voorsien van ʼn groot hoeveelheid koronavirus hulpmiddels wat insluit 330,000 toets modules en kort termyn lening ter waarde van  €460 miljoen.

Minister Gerd Müller het die naweek gesê Duitsland  het sy program vir hulp aan Indië uitgebrei weens die groot invloed van die koronavirus op die land en sy mense.

Duitsland skenk ook 600,000 persoonlike beskerming toerusting ter waarde van €15 miljoen in ʼn poging om die krisis te verlig.

Duitsland help ook om te verseker dat voedsel verspreiding effektief onder sowat 800 miljoen mense gedoen word asook hul[ te bied aan die 320 miljoen mense wat weens die pandemie hulle werk verloor het.

Die afgelope 24 uur het Indië ʼn toename van meer as 90,000 nuwe infeksie gevalle aangemeld, wat die land in ʼn ernstige krisis laat wat ook ekonomiese implikasies het.