Duisende vlug voor Kalifornië veldbrande

Duisende mense moes inderhaas huis en haard laat vaar en met voertuie op die vlug slaan om van die verwoede veldbrande te ontkom.

Minstens drie mense het al omgekom in die noordelike deel van die Amerikaanse deelstaat, waar die ergste bos- en veldbrande woed wat die gebied in die afgelope dekade ondervind het.

Sterk windstorms en uitermatige droë warm dae vererger die situasie en bemoeilik die taak van honderde brandbestryders wat dae lank veg teen die vlamme.

Sedert  15 Augustus het 29 mense reeds gesterf in die veldbrande en 7,000 woonhuise en ander geboue is al vernietig die afgelope maande.

Duisende hektaar veld en woude is tot as verbrand, en Kalifornië, wat bekend is vir sy hoë gehalte wyn en druiwe produksie, het reeds baie van sy wingerde in die brande tot niet laat gaan.