Duisende studente wil gehelp wees

Die Nasionale Studente Fonds Skema het meer as 160,500 aansoeke ontvang vir finansiële hulp om vir die 2021 studiejaar te kan betaal.

Die moontlikheid bestaan dat verdere aansoeke nog ontvang kan word, aangesien die huidige aansoeke wat ontvang is, sedert 3 Augustus ingestuur is.

Die administrateur van die Fonds, Randall Carolissen, sê in die eerste paar dae is gemiddeld 5,000 aansoeke per dag ontvang.

Hy sê tot datum is 188,733 aansoeke ontvang en nog meer word verwag in die komende weke.

Ingeligte bronne wys daarop dat baie studente wat finansiële hulp ontvang, nie instaar is om die eerste studiejaar deur te gaan nie, wat slegs ʼn verkwisting is.