Duisende beeste verdrink in see

ʼn Vragskip wat diere vervoer het tydens sy vaart vanaf Nieu Seeland na Sjina, in ʼn erge stormweer beland wat talle bemanning en duisende diere se dood teweeggebring het.

Sowat 6,000 beeste het in die see beland toe die vragskip in die storm beland en boonop masjien probleme ondervind het.

Dit is onduidelik waarom so baie diere in die see beland het, maar die Japanse kuswag het verskeie karkasse opgemerk terwyl hulle besig was om ʼn bewustelose man uit die water te red.

Die aangeleentheid het ook ter sprake gekom in die Grahamstad Hooggeregshof wat gehandel het oor die lewendige vervoer van sowat 50,000 skape wat in die Oos-Londen hawe verskeep is en deur die Diere Beskermings Vereniging en ander instansies teengestaan is.

Later is berig dat 42 benanningslede tydens die ramp omgekom het.