Droogte toestande kommerwekkend

Beervlei dam

Die droogte in sekere dele van die somer reënval gebied wek ernstige kommer, en kan lei tot ʼn soortgelyke toestand as wat Wes-Kaap gehad het, sê weerkundiges.

Die leë damme en lae water inhoud in gebiede van veral die Oos-Kaap, kan in plekke soos Port Elisabeth en omgewing in ʼn groot krisis laat beland as die eerste goeie reën nie in Oktober val nie.

Die Beervlei dam is nou vir die vierde jaar agtereenvolgend sonder ʼn druppel water, en die damme wat die Port Elisabeth en omgewing moet voorsien, raak nou gevaarlik min en word tientalle boorgate gesink om aan die aanvraag te voorsien.

Volgens die statistiek was die Oos-Kaapse damme verlede jaar ooreenstemmende tyd 53% gevul teenoor vanjaar se 50%, met die kommer dat die lang droogte die vraag verhoog.

Weerkundiges reken egter dat goeie reën wel vir die gebied verwag word, veral omdat die Al Nino verskynsel baie gunstig is vir die hele somer reënval gebied.