Die WatsUp stokvel skemas

Suid-Afrika het sedert die pandemie begin het, gesien hoe piramiedes ontstaan, en in die afgelope weke is berigte ontvang van talle WatsUp selfoon piramiedes wat mense van hulle geld beroof.

Die sogenaamde “stokvel” piramiedes het tans groot getalle swartmense betrek. Die verskillende piramiedes se getalle wissel van 3,500 tot sowat 10,000, en na mate die piramiede bly groei, is die val van die toekoms soveel groter.

Verskeie “stokvel” piramiedes het al in die stof gebyt, maar dit is slegs die punt van die ysberg. In die komende maande gaan meer en meer van die sogenaamde “stokvel” beleggings inmekaar tuimel om verarmde mense verder te verarm.

Dit gaan meebring dat die las op die bankrot welsynstaat nog swaarder word want die geloof is mos dat as die geld gedaan is, “the goverment must supply”.

Die sogenaamde WatsUp stokvel skemas wissel van bydraes en sommige vra elke maand R20 en ander R50 en enkele skemas selfs R100. Binne die volgende weke en maande sal die vooruitsig van Desember vakansies se geskenke koop soos mis voor die son verdwyn, het ʼn ekonoom van Pretoria gesê.