Departement verloor R400 miljoen

Regter Raymond Zondo het sy kommentaar in skerp woorde gegee in die staat kaping aangeleentheid oor die 10 jaar wat verloop het waarin niemand vervolg is of gearresteer is in verband met die “ongerymdhede” en “bedrog” ten bedrae van R1 miljard se behuising skema in die Vrystaat nie.

Zondo het sy kommer te kenne gegee met die ondervraging sessie wat aangehoor is van Nthimotse Mokhesi, die provinsiale beampte van die Vrystaat.

Die Vrystaat was veronderstel om duisende huise te bou vir laer inkomste groepe gedurende 2010 en 2011, maar honderde eenhede is nooit gebou nie terwyl kontrakteurs daarvoor betaal is.

Nagenoeg 100 kontrakteurs was betrokke wat almal ʼn voorskot ontvang het om met die bouwerk te begin, maar talle het nooit n baksteen se werk verrig nie.

Die Kommissie moes hoor dat die provinsie R500 miljoen uitbetaal het aan kontrakteurs voordat enige werk verrig is, met die gevolg dat die Departement R400 miljoen verloor het wat nie weer verhaal kon word nie, omdat dit deels toegeskryf kan word aan die feit dat geen prosedures vasgelê was waarvolgens die werk verrig sou word nie.