Covid styg dramaties in Indië

Die aantal nuwe infeksie gevalle het die afgelope week so vinnig gestyg dat die totale aantal nou 4,3 miljoen mense betrek het in Indië.

Die nuwe syfers bring die land tot tweede op die ranglys van lande met die meeste infeksies.

Met die jongste gegewens het Indië nou ingeskuif op die tweede plek en Brasilië met 4,1 miljoen is nou in die derde plek met die VSA bo aan die lys.

 Indië se 4,2 miljoen infeksie gevalle het die tweede plek ingeneem nadat die Minister van Gesondheid aangekondig het dat 90,802 nuwe infeksies binne 24 uur aangemeld is.

Die amptelike dodetal vir dieselfde 24 uur tydperk het op 1,016 te staan gekom wat die totale sterftes in Indië op meer as 72,000 laat opskuif.

Waarnemers het met waardering kennis geneem van die hulp wat Duitsland bied om die krisis te verlig,  maar spreek hulle kommer uit oor die inwoners van die land nie die maatreëls goed genoeg eerbiedig nie.