Colombia rou oor polisie brutaliteit

ʼn Massa optog van protesteerders is onderbreek nadat video materiaal vertoon is van polisie brutaliteit teenoor onskuldige burgerlikes wat deelgeneem het aan die optog.

In die daaropvolgende verset teen die polisie se optrede is 13 mense dood en minstens 400 beseer waarvan baie gehospitaliseer moes word.

Alhoewel die Minister van Verdediging sy verskoning aangebied het vir die swak optrede van die veiligheidsmagte, is die optoggangers wordend en menige in rou oor die voorval.

Colombia het nou die soveelste nag van protes gehad, en in die hoofstad het duisende mense deelgeneem aan optogte om hulle ontevredenheid oor polisie brutaliteit en die regering se hantering van die pandemie te toon.

In een van die video opnames word getoon hoe ʼn 46 jarige man deur die polisie op die grond neergegooi word en daarna verskie skote met ʼn geweer geskiet is. Hy is later na ʼn hospitaal geneem waar hy enkele ure later dood verklaar is.

Die owerheid het twee polisiebeamptes afgedank en vervolging teen hulle ingestel, en ʼn aantal ander is geskors, hangende ʼn deeglike ondersoek.

Die Minister van Vereeniging, Carlos Holmes Trujillo, het namens die Polisiediens verskoning aangebied en gesê die reg sal toegepas word op diegene wat hulle mag misbruik.

Latere verslae toon dat sowat 200 polisiebeamptes ook beserings opgedoen het tydens een van die gewelddadigste nagte die afgelope weke.