Clicks sluit al sy winkels

Die Clicks winkelgroep het aangekondig dat hy sy winkels gesluit hou tot die Rooi bende hulle vandalisme gestaak het.

Die winkelgroep het duisende Rand se skade gekry toe die Rooi bende winkels binne gegaan en voorraad sowel as toerusting beskadig het.

Die winkelgroep het selfs sover gegaan as om twee amptenare wat verantwoordelik is vir die gewraakte “hare advertensie” af tedank en selfs mense se hare in salonne te versorg.

Clicks het ook besluit om die bepaalde reeks produkte wat met die advertensie verbind is, van sy rakke te verwyder in ʼn poging om die vandale terwille te wees.

Die toegewings maak egter geen indruk op die Rooi bende nie en hulle gaan voort met die plan om die winkels gesluit te hou vir die hele week.

Die groep het egter te kenne gegee dat die winkels weer almal Donderdag sal heropen, maar kommer bestaan dat dit ʼn herhaling van Maandag se voorvalle kan beteken.