Checkers vlug uit Kenia

Die Shoprite Checkers winkelgroep beplan om te onttrek uit Kenia teen eerskomende Desember.

Die groep se besluit kom glo as ʼn strategiese skuif wat klaarblyklik verband hou met die  groei potensiaal wat nou nie so rooskleurig is in die Afrika staat nie.

Afrika se grootste supermark groep se strategie strek glo verder, want sy afgelope boekjaar se styging in wins van 16,6% is een mikpunt wat deur die Hoof Uitvoerende Beampte, Whitey Basson nagejaag word en derhalwe baie winkels oopgemaak het, waarvan Nigerië, Angola en Zambië kan getuig.

Die huidige Hoof Uitvoerende Beampte, Pieter Engelbrecht sê die maatskappy sal nog twee oorblywende winkels in Oos Afrika sluit.