Cele moet die wet nou toepas

Die Minister van Polisie het aanvanklik gesê dit is reg dat die Clicks winkelgroep verantwoording doen vir sy sogenaamde “gewraakte advertensie oor swartmense se hare” wat verskil van blankes se hare.

Die minister het na die advertensie van Clicks verwys as ʼn rassistiese en onsensitiewe advertensie veldtog waarvoor hy moet pa staan.

Die minister het bygevoeg dat die verloop van die wet ongehinderd moet voortgaan, en daarmee waarskynlik bedoel dat wet en orde nogtans van krag moet bly.

Die optrede van die Malema rooi bende is volgens waarnemers buite die wet en behoort aangespreek te word deur die vandale te arresteer sodat wet en orde gehandhaaf kan word.

Die afbreek en vernietig kultuur behoort einde te kry, en daarvoor is die ferm optrede van die polisie nodig, maar kenners wys daarop dat die minister se lippetaal bots met die handeling wat gevolg word.

Die Rooi bende se vernielsug in Clicks se winkels is oortreding van die wet, maar Suid-Afrika is nou wagtend om te sien wat die minister en sy polisie gaan doen om sulke oortreders te straf.