Britte en EU weer in gesprek vir ooreenkoms

Nadat die eerste rondte samesprekings tussen die Verenigde Koninkryk (VK) en die Europese Unie (EU), het die twee partye besluit om ʼn tweede poging aan te wend ten einde ʼn ooreenkoms te bereik.

Omdat dit waarskynlik die laaste poging sal wees om n skikking te bereik, het die Britse Eerste Minister, Boris Johnson, aangedui dat hy bereid sal wees om sekere sleutel dele van die VK te verwyder as eise.

Die gesprekke wat beskou word as die laaste poging van die Brexit onderhandelings is geskeduleer om in Londen gehou te word terwyl die spanning aan beide kante naby breekpunt gekom het.

Die ooreenkoms wat hoofsaaklik oor ʼn handel ooreenkoms gaan, word ingewikkeld weens die uittrede van Noord-Ierland terwyl die Republiek van Ierland steeds n EU lid is. Die grense tussen die twee Ierse lande is onduidelik, wat die EU nie kan aanvaar nie omdat Noord-Ierland dalk via die buurstaat voordeel kan trek.

Die VK het aan die einde van Januarie sy lidmaatskap met die EU beëindig na ʼn referendum gehou is waarin uittrede ʼn naelskraap meerderheid gehad het.

Die hoof onderhandelaar van die Britte, David Frost, sê die VK wil ʼn meer realistiese benadering van die EU sien, veral met die oog op die tweede rondte samesprekings wat Maandag begin.